JOIN OUR MAILING LIST



{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}} {{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Kennisgewing:

HUWELIKSBELEGGING SEMINAAR in Kameeldrift-Oos, Pretoria

6 weke se Donderdagaande - begin 28 Maart 2019

sien upcoming events

Die spreukwoord lui dat wanneer die stormwolke opsteek, die arend die storm binnevlieg om in die sterk windstrome te speel, terwyl die kleiner voëls skuiling soek.

BALD EAGLE MINISTRIES is geroep om juis dit te doen, in en deur Jesus Christus onder ons, die hoop van die heerlikheid! 

Dit mag alles baie, baie ernstig en belangrik klink, en dit is, maar ons het hope pret, avontuur en lag gedurende hierdie reis van ons. Diegene wat net uit nuuskierigheid kom kyk het hoe lyk dit in Afrikaans, kan nou hier terugkeer na die Engelse bladsy. (en vir diegene wat gewonder het, nee, Engels is nie die taal van die engele nie)

 

As 'n apostoliese (en meestal reisende) bediening, word ons grotendeels gelei om vooruit te gaan en braak grond te gaan breek, deur middel van profetiese intersessie, profetiese aksies, profetiese verklarings en proklamerings. Kontak ons gerus vir meer inligting rakende ons volgende missie/opdrag. Dalk wil u persoonlik deel wees van ons volgende aksie, of dalk voel u gelei om ons te ondersteun daarin en daarmee. Ons hoor graag van u!

 

Die Ramhoring oftewel Shofar is ons instrument van profetiese intersessie. Ons is geroepe om die "oproep tot bekering", die "oproep tot heiligmaking" en 'n "oproep tot 'n lewe van heiligheid" te laat klink deur middel van die klank van die ramshoring. Klank is ons wapen in die stryd van geestelike oorlogvoering.  (Eph 6:12  "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug." - AOV)  

Omrede hierdie die instrument van ons profetiese aksies is, bring ons ook lering aangaande die simboliek en die besonderse hedendaagse gebruik van die ramshoring, oftewel Shofar. In sy  lering met die tema: "Hoe hol is jou horing?" deel Arnold die lering, sy getuienisse en ondervinge met die res van die liggam van Christus Jesus, hetsy in gemeentes of kleiner groepe ook.  

 

As pastoor word Arnold ook gereeld genooi om die Woord te bedien by gemeentes regoor Suid-Afrika. Ons bedien ook bevryding aan die wat vasgevang in is die kloue en kettings van die vyand, asook genesing aan die gebrokenes van hart, sowel as liggaamlike genesing.

Soos die arend reguit in die stormwolk invlieg, word ons dikwels gestuur reguit binne in ernstige, pynlike en moeilike situasies van individue, asook uitdagende en potensieël skadelike situasies binne vriende/familie/gesinsverband, asook en veral binne gemeente/organisasie verband. Ons help individue en groepe om, soos die arend die wind gebruik, hulle eie omstandighede te gebruik om bo die situasie uit te styg.

Alhoewel ons grotendeels vooruit gestuur word om braak grond te breek, vorm ons dikwels deel van interaktiewe en geamentlike profetiese aksies, waar Vader mense kragtig kombineer tot uitbreiding en verheerliking van sy Koningkryk. Ons Links bladsy bevat skakels na sommige van hierdie bedieninge, asook skakels na van ons ondersteuners en vennote.

Back Back to top