JOIN OUR MAILING LIST
News/Blog/Feedback


2012-10-02
GENOEG IS GENOEG!


Vriende,

 

Dit is met geregverdigde verontwaarding en keelvolheid (eintlik lê dit bietjie meer suid) dat ek hierdie boodskap skryf en hierdie uitnodiging maak.

 

In my onlangse handel en wandel  het ek nou amper letterlik daagliks bewus geword van gevalle waar huwelike onder geweldige spanning verkeer en al meer huwelike dreig om te sneuwel, en veral toenemend onder opregte kinders van die Here.  Die vyand kom om te slag, steel en te verwoes, en om uiteenlopende redes kry hy dit al hoe makliker reg ook.

 

�n Paar van ons het as vriende onlangs gesels hieroor, en later selfs �n paar aande saam gekuier oor �n paar interresante onderwerpe.  Dit was egter of die aanslae net feller geword het, en ons nie regtig vanuit ons besprekings praktiese uitvoerbare oplossings kon implimenteer om die aanslae te verminder nie.

 

Dit het ons genoop om bietjie dieper te gaan soek en te probeer bepaal  hoe hierdie ding werk van aanvalle op huwelike.

 

·        Waar begin satan se aanval op die huwelik?

·        Waarvoor moet ons versigtig wees?

·        Waarna moet ons oplet?

·        Versterk ons mekaar werklik in die huwelik?

·        Is  ons grootste vyand dalk in eie geledere?

·        Weet ons as kinders van die Here nog werklik hoe moet ons huweliksverhoudinge lyk?

Ons, (Hennie en Christelle van Rooyen, en ek en my vrou Hanlie) het onderneem om,  in die naam van ons Here Jesus Christus, hierdie aanslae van die vyand in die oë te kyk, dit by die naam te noem, te deel met mekaar, mekaar te ondersteun en saam te staan daarteen. 

 

Ons wil julle nooi om elke Dinsdag aand vanaf 18:30 � 21:00 by ons aan te sluit by Duo of Dreams in Raslow, Centurion, waar ons  met mekaar deel, vir mekaar bid, mekaar bemoedig en stig deur getuienisse, saam na lering kyk en luister en prakties raak aangaande dit.  Ons begin vanaand, 2 Oktober 2012.

 

Dalk kan jou/julle hantering van aanslae en julle getuienisse ander en ook ons help. Dalk is jy/julle vol vrae en vrese en het jy/julle hulp nodig. Hoe dit ook al sy, ons het nie al die antwoorde nie, maar ons ken Hom wat al die antwoorde het.  Daarom wil ons saam Sy genadetroon nader, om genade en barmhartigheid te verkry, om op die regte tyd gehelp te word.  Jou huwelik hoef nie in die moeilikheid te wees om te kwalifiseer om te kan kom nie, jou huwelik hoef ook nie perfek te wees nie (alhoewel ons almal graag so huwelik wil sien) Jy kan 5 maande of 50 jaar getroud wees, maak nie saak nie.

 

Indien  jy/julle ook voel dat GENOEG IS GENOEG, of dit nou vir jouself is of vir ander, wil ons julle graag daar sien en nooi om hande te vat en saam met ons �n pad te stap, �n ontdekkingtog na Sy wil vir ons huwelike.

 

Kontak ons gerus vir verdere besonderhede indien julle belangstel.

 

Vriendelike groete en seen!

 

Arnold Du Plessis

0822556365


Back Back to top